Rugby, Soccer, Cricket We all love Sport

Follow this Blog by Email

Monday, November 29, 2010

Druipsterk Bokke

LAAT ons onsself net daaraan herinner: Drie jaar gelede het die Springbokke nog die Wêreldbeker gewen. Verlede jaar die Drienasies. En, vir die eerste keer in hoeveel dekades, die Britse en Ierse Leeus verslaan.

Vanjaar het ons die Franse, die Sesnasies-kampioen, ’n deftige pak slae gegee, en net twee maande gelede nog het die Bulle en die Stormers hul Australiese en Nieu-Seelandse teenstanders skoon van die veld gespeel in die Super 14-toernooi, die hele pad eindstryd toe.

En nou? Waar het die wiele dan langs die pad afgeval?

Hoe kan dit wees dat die trotse Bokke van hul ses Drienasies-wedstryde net een kon wen? En in die proses meer drieë afgestaan het as enige span ooit tevore in die geskiedenis van die toernooi?

Skielik lyk die pronk-Bokke meer na druipstert-Bokke as na ’n span wat volgende jaar weer die Wêreldbeker wil behou. En die duiwel is los in rugbyland.
Peter se posisie is in werklikheid nog meer benard as Jake s’n destyds. Jake se Bokke het darem nog hul tuiswedstryde gewen, terwyl Peter s’n op eie bodem ook gefaal het.

0 comments:

Post a Comment

Related Posts with Thumbnails